NewsNews

Hou by alkohollimiet of ….!

Hou by alkohollimiet of ….!

n Suid-Afrika is die alkohollimiet tans:
  • ʼn alkohol-inhoud in die asem van nie meer as 0,24 mg per 1000 ml nie, of
  • ʼn alkoholinhoud in die bloed van nie meer as 0,05 g per 100 ml nie.
  • Vir professionele bestuurders, bv. taxibestuurders, busbestuurders en vragmotorbestuurders, is dit 0,02 g per 100 ml bloed.

Enigiemand wat bo die bogenoemde limiet is tydens ’n blaastoets of bloedtoets vir alkohol by ’n padblokkade, kan gearresteer word op ’n klagte van bestuur onder die invloed van alkohol. Jy is nie geregtig om die toets te weier nie. Indien jy die toets weier, pleeg jy ʼn misdaad en dieselfde straf kan aan jou opgelê word as dié van iemand wat die beperking oorskry het.

Die polisiebeampte is wetlik verplig om die gearresteerde persoon na ʼn geregistreerde mediese praktisyn te neem indien bloedtoetse geneem moet word. Die polisiebeampte mag die nodige geweld toepas om die persoon te dwing om ʼn bloedmonster te verskaf.

ʼn Blaastoets of bloedtoets vir alkohol moet geneem word met ʼn inkriminerende uitslag voordat ʼn regmatige arrestasie kan plaasvind. Volgens ʼn onlangse uitspraak in die Appèlhof kan die polisie nie ’n motoris regmatig arresteer in die afwesigheid van so ’n toetsresultaat nie. Arrestasie mag nie plaasvind waar die beampte se vermoede slegs gebaseer is op “die blote feit dat hy effens na alkohol ruik” nie.

Ken jou regte as jy in hegtenis geneem word vir dronkbestuur?

  1. Om met respek en waardigheid behandel te word;
  2. om te weet wie is die mediese praktisyn;
  3. om te weet wat om te verwag tydens die ondersoek – die proses moet met jou bespreek word;
  4. die reg tot toegang tot my eie mediese praktisyn, indien hy of sy beskikbaar is, wie se kostes ek self sal dra;
  5. die reg om ondersoek te word in ʼn plek wat ontwerp en toegerus is vir hierdie doel – nie ʼn polisiesel of aanklagkantoor nie.
  6. Persone wat erg onder die invloed van alkohol is, moet na die hospitaal verwys word vir waarneming.
  7. Persone wat aangehou word en tot ʼn mindere mate onder die invloed van alkohol is, moet elke 15 minute deur ʼn ervare polisiebeampte waargeneem word totdat hulle nugter is.
  8. Persone het die reg tot toegang tot hul normale roetinemedikasie.

 

*Inligting verskaf deur Solidariteit

Related Articles

Back to top button