Die 39 jarige bestuurder van swaarvoertuig is gister (18 Desember) na ń privaathospitaal in Klerksdorp geneem.
Dit nadat nooddienste hom uit die wrak van die voertuig moes bevry. Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici sowat 12:40 op die toneel gekom. Die swaarvoertuig het glo reg van voor met ń sleepwa wat los gekom het, gebots.
“Die J.B. Marks en Matlosana brandweerdienste moes die man uit die voertuig sny terwyl paramedici hom gestabiliseer het,” het Campbell gesê.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.
You can read the full story on our App. Download it here.