
Dié jong stoeiers van die Dome-stoeiklub in Parys is onlangs beloon vir hul harde werk die afgelope jaar. Ses van die klub se stoeiers kon onder meer vanjaar met hul Noordwes-kleure spog.
Die klub heropen weer op 6 Januarie wanneer beginner-klasse om 16:00 aangebied word, en die interme-diêre en senior klasse om 17:00. Klasse word by die AfriDome aangebied.
Die klub het tans sowat 70 stoeiers van Parys en Potchefstroom.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



