NewsNews

Toeriste is maklike teikens – wees gewaarsku

Dit is Desember-vakansie en bes moontlik is jy gelukkig genoeg om weg te kan gaan vir die vakansie. Laat veiligheid egter steeds vir jou prioriteit wees. By ‘n hotel: * Moet nooit jou bagasie onbewaak laat nie. * Indien bagasie gestoor moet word, kry ʼn kwitansie by ontvangs. * Moet onder geen omstandighede jou paspoort, …

Dit is Desember-vakansie en bes moontlik is jy gelukkig genoeg om weg te kan gaan vir die vakansie.
Laat veiligheid egter steeds vir jou prioriteit wees.

By ‘n hotel:
* Moet nooit jou bagasie onbewaak laat nie.
* Indien bagasie gestoor moet word, kry ʼn kwitansie by ontvangs.
* Moet onder geen omstandighede jou paspoort, ID dokument, kontant, reisigertjeks, bankkaarte en sleutels in die hotelkamer los nie.
* Stoor waardevolle artikels in ʼn toesluitkluis in die hotel.
Sorg dat jou hotelkamer te alle tye gesluit is.
Indien aan jou deur geklop word, vra wie daar is voordat jy oopmaak. Indien jy nie iets bestel het nie, moenie oopmaak nie. Indien dit skoonmaakdienste op ʼn ongeleë tyd is, vra by ontvangs of hulle iemand gestuur het.

Op straat:
* Wees versigtig vir die vertoon van juweliersware, kameras en ander duursame ware.
* Moet nie groot bedrae geld saam met jou dra nie.
* Wees versigtig om nie snags donker geïsoleerde areas te besoek nie.
* Indien moontlik gaan snags eerder saam met groepe uit na goedbeligte besige areas.
* Beplan jou roete vooraf.
* Indien verdwaal besoek die naaste toeristeburo, of vra hulp by die polisie- of verkeersbeamptes.
* Dra jou beursie in ʼn binne jas-, baadjie- of broeksak.
Indien jy van ʼn huurmotor gebruik wil maak, sal die hotel of naaste toeristeburo jou behulpsaam wees.
* Moet nie ooglopend adverteer dat jy ʼn toeris is nie.
* Moet nie stop om geld aan ʼn bedelaar te oorhandig nie.
* Wees te alle tye bedag op jou onmiddellike omgewing en persone. Indien jy bedreig of ongemaklik voel, soek hulp.
Indien jy merk dat jy agtervolg word, gaan die eerste gebou binne en soek hulp.
* Indien jy op straat beroof word, gee jou samewerking en wees kalm. Deur terug te baklei, kan uitloop op ernstige beserings of die dood. Probeer om ʼn beskrywing van die verdagte aan die polisie te gee. Let veral op vir dinge waaraan die persoon uitgeken kan word, asook littekens.

In die voertuig:
* Indien jy van ʼn huurdiens voertuig gebruik maak, kontak hulle persoonlik.
* Beplan jou roete vooraf.
* Hou die deure te alle tye gesluit en draai die voertuig se ruite toe.
* Stoor waardevolle artikels in die bagasieruim van die voertuig.
* Parkeer snags by goedverligte areas.
* Moet nie vreemde persone oplaai nie.
* Indien jy onrustig is oor die veiligheid van die omgewing, bel die polisie vir advies.
* Indien jy verdwaal, ry na ʼn openbare plek en stel weer ‘google maps’ of raadpleeg weer ‘n kaart.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button