News

Slaggate word meer en groter

Slaggate word meer en groter

VEREENIGING. – Die slaggatprobleme in die Vaal word net meer en groter. Hoewel verskeie plaaslike sakemanne, besighede en organisasies reeds self die onkoste gedra het en baie slaggate self reggemaak het, kan hulle egter net nie voorbly nie.

In Arconpark, op die hoek van Cannastraat is daar soveel groot slaggate, dat as jy vir die een uitswaai jy deur die ander een ry. Hierdie is egter maar net die spreekwoordelike “tip of the iceberg”.

In die stad self is daar ook slaggate, maar daar is nog ‘n probleem waarmee rekening gehou moet word … die staaldeksels wat van mangate gesteel word en net nooit weer vervang word nie. Vir die afgelope maande moes motoriste maar net eenvoudig hul bes doen om die gate mis te ry. Dit wil voorkom of die motoriste se geduld nou op is, want in die stad is daar sommer ‘n boom staande gemaak in een van die mangate wat nie meer ‘n deksel het nie.

Maar Valies hoef nie te voel dat dit net hier so sleg gaan nie. Daar word gereeld uit ander dorpe en provinsies oor dieselfde probleme gekla. Soos die foto heel onder wat in Pietermartizburg geneem is.

Hierdie is een van die mangate in Vereeniging wat reeds maande nie meer ‘n staaldeksel het nie. Nou word ‘n boom gebruik om motoriste te waarsku van die gat in die pad.

Soortgelyke situasie in Pietermaritzburg.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button