Opinions

‘Polisie self verspreider van onwettige vuurwapens’

‘Polisie self verspreider van onwettige vuurwapens’

Wat is nou regtig die doel van die voorgestelde amnestieperiode vir die inhandiging van vuurwapens? Die doel is volgens die regering om beslag te lê op onwettige vuurwapens om misdaad in Suid-Afrika te bekamp.

Maar almal weet dat ‘n kamera nie op sy eie ‘n foto kan neem nie, en so ook kan ‘n vuurwapen nie self die oorsaak van misdaad wees nie.

Op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus gedurende die jaar, het die minister geantwoord dat sowat 10 miljoen rondtes ammunisie by die polisie self verlore of gesteel geraak het die afgelope ses finansiële jare. In dieselfde tydperk het die polisie 4 357 vuurwapens verloor.

Dit dui dus daarop dat die  polisie self die grootste verspreider van onwettige vuurwapens en ammunisie is.

Daar was twee vorige amnestie-periodes. In 2005 is 80 500 vuurwapens ingehandig. Daarvan was sowat 34 000 onwettig. In 2010 se amnestie-periode is 42 000 vuurwapens ingehandig waarvan 11 500 onwettig was.

Die VF Plus het in ‘n persverklaring beklemtoon dat hy om hierdie redes nie die amnestieperiode en die verslag steun nie.

“Dit is ʼn mite en ‘n leuen dat die doel van hierdie amnestie is om misdaad te bestry. Om dit daadwerklik te doen, moet die polisie die voorbeeld stel en sorg dat sy eie wapens en ammunisie behoorlik bewaar word,”sluit die verklaring af.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button