Opinions

‘Polisie self verspreider van onwettige vuurwapens’

‘Polisie self verspreider van onwettige vuurwapens’

Wat is nou regtig die doel van die voorgestelde amnestieperiode vir die inhandiging van vuurwapens? Die doel is volgens die regering om beslag te lê op onwettige vuurwapens om misdaad in Suid-Afrika te bekamp.

Maar almal weet dat ‘n kamera nie op sy eie ‘n foto kan neem nie, en so ook kan ‘n vuurwapen nie self die oorsaak van misdaad wees nie.

Op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus gedurende die jaar, het die minister geantwoord dat sowat 10 miljoen rondtes ammunisie by die polisie self verlore of gesteel geraak het die afgelope ses finansiële jare. In dieselfde tydperk het die polisie 4 357 vuurwapens verloor.

Dit dui dus daarop dat die  polisie self die grootste verspreider van onwettige vuurwapens en ammunisie is.

Daar was twee vorige amnestie-periodes. In 2005 is 80 500 vuurwapens ingehandig. Daarvan was sowat 34 000 onwettig. In 2010 se amnestie-periode is 42 000 vuurwapens ingehandig waarvan 11 500 onwettig was.

Die VF Plus het in ‘n persverklaring beklemtoon dat hy om hierdie redes nie die amnestieperiode en die verslag steun nie.

“Dit is ʼn mite en ‘n leuen dat die doel van hierdie amnestie is om misdaad te bestry. Om dit daadwerklik te doen, moet die polisie die voorbeeld stel en sorg dat sy eie wapens en ammunisie behoorlik bewaar word,”sluit die verklaring af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button