Aardklop is vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar genomineer vir ’n kykNET Fiëstas-toekenning as Fees van die Jaar.
“Ons het hierdie jaar werklik ’n rekordfees gehad met rekordgetal kaartjieverkope en besoekers – ons wil eerstens ons feesgangers bedank, sonder elke lojale besoeker sou hierdie sukses sowel as dié nominasie nie moontlik gewees het nie! Om ’n gevierde fees soos Aardklop in die Noordwes provinsie te kan aanbied is vir ons ’n reuse voorreg en ons besef die enorme impak op die plaaslike en provinsiale ekonomie. Juis daarom wil ons mense aanmoedig om vir Aardklop te stem! Hierdie is nie net ’n viering van die fees en sy suksesse nie, maar ook van Potchefstroom en die groter Noordwes omgewing!” – Delmari van Zyl, Bestuurder: Borge, Bemarking en Media.
Stem vir Aardklop deur op hierdie skakel te klik en te registreer: https://kyknet.dstv.com/show/fiestas
Elke persoon wat geregistreer het, mag tien keer stem.
Aardklop se program is ook vanjaar vir 12 kykNET Fiëstas-toekennings genomineer. Slegs produksies wat by die fees debuteer word kom in aanmerking vir hierdie toekennings. Aardklop het in 2017 met die kykNET Fiëstas-toekenning as Fees van die Jaar weg gestap en hoop om in 2019 die gesogte toekenning terug te bring Potchefstroom toe!
Die stembus sluit op 13 Januarie 2020 om middernag.
Aardklop sal van 23-28 September 2020 in Potchefstroom aangebied word. Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za of volg Aardklop Nasionale Kunstefees op Facebook.





