Hy was veronderstel om gister sy titel teen Tiaan Fick by Camps Bay High te verdedig, maar die hoofgeveg is gekanselleer sonder dat ‘n enkele hou geslaan is. Die fratsongeluk het gebeur net voordat die volkslied gesing sou word toe Visser soos oudergewoonte teen die toue met sy rug geleun het om die toue te toets.
“Ons is net dankbaar dat hy nie op sy kop geval het nie,” het sy ma Juanita na die skokkende voorval gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


