News

Skoolhoof 14 keer met bottel gesteek

Skoolhoof 14 keer met bottel gesteek

In nog ‘n huisroof en aanval moes die hoof van die bekende Drankenbergse Seunskoor-skool vir sy lewe en die van sy vrou veg. Greg Brooks (61) is in die proses 14 keer met ‘n stukkende bottel gesteek.

Die aanval het gedurende die aand by die Brooks-egpaar se woning op die skoolterrein in die Drakensberg gebeur.  Vier gewapende mans het toegang tot die woning verkry en hulle oorval. Die woning is geplunder en die rowers wou met twee selfone, ‘n kluis met twee vuurwapens en juwele in die Brooks-egpaar se motor op die vlug slaan. Dit is toe hulle probeer het om Carmen in die motor te dwing dat die geveg uitgebreek het. Creg kon daarin slaag om sy vrou Carmen te beskerm, maar is kritiek beseer. Sy toestand is tans stabiel. Hy is steeds in ‘n privaathospitaal in Pietermaritzburg. Carmen is behandel en ontsaan en is tans by familielede.

Die saak word deur die Winterton-polisie ondersoek.

Inligting verskaf deur Oorgrens veiligheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button