NewsNews

Talle woon diens by Koedoesfontein by

Stampvol saal vir Geloftediens

Die Koedoesfontein-geloftefeessaal net buite Parys, het vanoggend uit sy nate gebars met Geloftefeesgangers wat vanoggend se diens bygewoon het.

Die diens is gelei deur ds. Juan de Beer van die Hervormde Kerk in Parys.

In sy treffende boodskap het ds. De Beer gesê dat Geloftedag gaan oor God se teenwoordigheid. “God het nog altyd opgedaag. Op die regte tyd.”

Hy het gesê dat daar geen twyfel is dat mense Geloftedag onthou nie, maar die vraag gevra of mense nog die waarde van die dag besef. Met die treffende beeld van ‘n bewegende swaai het hy gesê dat ons Geloftedag onthou vir die dag vir wat dit is, maar dat dit meer as net ‘n herinneringsdag is.

Die diens by Koedoesfontein was een van verskeie dienste wat vandag in en om Parys gehou is by onder meer die Moedergemeente, APK en Dewetsdrift Geloftefeesterrein.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button