News

Boere moet ekstra versigtig wees oor Kersseisoen

Boere moet ekstra versigtig wees oor Kersseisoen

Die onlangse plaasaanvalle in die Vrystaat beklemtoon die noodsaak vir meer effektiewe landelike beveiliging.

Die landelike beveiligingsplan wat deur die regering bekendgestel is, moet daadwerklik geïmplementeer word en nie net valse hoop skep nie.

Die VF Plus het beklemtoon dat hy alle moord en geweld in Suid-Afrika veroordeel, maar veral geweld op die landbougemeenskap vanweë die weerloosheid van landelike gemeenskappe.

“Dit is betreurenswaardig dat landbouers hul moet bekommer oor hul veiligheid te midde van een van die ergste droogtes wat Suid-Afrika in jare beleef,”lui die verklaring.

Die VF Plus doen ‘n beroep op boere om hulself, hul gesinne en plaaswerkers veral in die komende Kerstyd te beveilig omdat dié soort misdaad in dié tydperk toeneem. “Boere moet paraat wees en hulself weerbaar maak”.

  • Dit geld ook vir alle huishoudings, selfs in stede.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button