News

Beurtkrag pla nie – jy kan maar kom skenk

Komaan jy kan 'n verskil maak

Moenie dat die eendeweer of beurtkrag jou in jou spore stuit nie.

Onweer of mooi weer die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens  (SANBD) se mobiele skenkerskliniek personeel is op hul pos en jy kan selfs wanneer dit beurtkrag is gaan bloed skenk. Parysenaars het  nog tyd  tot 19:00 vanaand om te kom skenk by die Hervormde Kerk in Parys.

Komaan jy kan help om ‘n lewe te red. Teen 14:00 is daar nog net 5 eenhede bloed geskenk. Die Bloeddiens het jou bydrae nodig vandag!

Willem Hallaby gee sy bydrae by die mobiele skenkerskliniek in Parys.

 

Elke bloedskenker sal ‘n Feesseisoen-geskenk ontvang.

Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed en jy kan help.

SANBS se Kroonstad-tak waarvan Parys deel is, moet oor Desember 1 000 eenhede bloed insamel – 500 eenhede deur mobiele klinieke, en 500 eenhede deur die Kroonstad Bloedskenk Sentrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button