NewsNews

Geloftefees by Koedoesfontein en Moedergemeente

Geloftefees by Koedoesfontein en Moedergemeente

‘n Geloftefeesdiens word Maandag 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein-geloftefeessaal sowat 12km buite Parys op regterkant langs die Potchefstroom-pad gehou.
Alle Parysenaars word genooi om die diens by te woon wat gelei word deur ds. Juan de Beer van die Hervormde Kerk Parys.
Na die diens sal daar tee en verversings bedien word sodat daar gesellig saam gekuier kan word op die geloftefeesterrein.
Die Koedoesfontein geloftefeesterrein en saal is net voor die Buffelshoek-polisiestasie.
* Geloftediens sal ook gehou word by die NG Moedergemeente in Parys op Maandag 16 Desember om 09:40. Voor die diens sal daar egter ‘n kranslegging wees om 09:25 en vlagpresentering deur die Parys Voortrekkerkommando om 09:30.

So is beloof op 16 Desember 1838
“Hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde
om ‘n gelofte aan hom te doen dat
as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag
soos ‘n sabbat sal deurbring,
en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat
hulle met ons daarin moet deel tot
nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte
want die eer van Sy naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning
aan Hom te gee.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button