News

So kan jy ‘n lewe red

Mobiele skenkerskliniek is Dinsdag in Parys.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens  (SANBD) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk hierdie Feesseisoen.

Die mobiele skenkerskliniek is Dinsdag 10 Desember vana 13:00 tot 19:00 by die kerksaal van die Hervormde Kerk in Parys.

Elke bloedskenker sal ‘n Feesseisoen-geskenk ontvang.

Die doelwit vir die dag is 100 eenhede bloed en jy kan help.

SANBS se Kroonstad-tak waarvan Parys deel is, moet oor Desember 1 000 eenhede bloed insamel – 500 eenhede deur mobiele klinieke, en 500 eenhede deur die Kroonstad Bloedskenk Sentrum.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button