Net meer as sowat twee maande nadat ‘n jongman in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het, is die liggaam van ‘n 15-jarige leerling van die Lister Skosana Primary School in Tumahole, Dinsdagoggend net voor 09:00 uit die rivier gehaal.
Die oorledene het Maandagmiddag saam met sy boetie en vier maats in die rivier geswem toe hy deur die stroom meegesleur is.
Desondanks die pogings van ao. Holtzhausen van die K9-eenheid in Sasolburg, het die soektog na die seun Maandagmiddag niks opgelewer nie.
Die hulp van polisieduikers van Bloemfontein is ingeroep en het ao. Morné Koch die seun se liggaam Dinsdagoggend gekry.
Hierdie is reeds die soveelste verdrinking by die hangbrug.
You can read the full story on our App. Download it here.