NewsNews

“Dis ‘n wonderwerk!”

"Dis 'n wonderwerk!"

Wat sê ‘n mens as jy jou vrou vir ‘dood’ optel net na 11:00 op ‘n Sondagoggend. Vandag, 28 dae later sukkel ek om die regte woorde te kry om die storie  te vertel.”

So het Christo Meyer gister geskryf oor sy vrou, Gerda, wat ernstig beseer is toe sy op 3 November met haar fiets op die h/v Conroy- en Schilbachstraat geval het. ‘n Spoedhobbel het haar vermoedelik beheer oor die fiets laat verloor en is sy met baie ernstige beserings van die ongelukstoneel, eers per ambulans na Vaalpark Netcare gneem, en toe per lugambulans oorgeplaas na die Milpark Netcare-hospitaal se Trauma-eenheid met onder meer ‘n skedelbasisfraktuur en skouerfraktuur.

Vir Gerda was dit sedertdien ‘n lang pad van vorentoe beur, moed hou maar bowenal  gebed en geloof, van mense oraloor wat vir haar en Christo staande gehou het. Selfs toe sy in die hospitaal stemband en longontsteking opgedoen het en ‘n voedingsbuis ingesit moes word.

Sondag 1 Desember was haar stem steeds weg, maar die voedingsbuis uit, Gerda kon eet en drink, hoewel moeilik. Sy loop al 250m sonder hulp, en kan haarself versorg. En vandeesweek sal sy uit die hoësorg eenheid by Milpark-hospitaal ontslaan word.

“Wat sê mens hierop? Dit is hoekom ek nie woorde het nie, ” gesels Christo.

“Dit is ‘n wonderwerk! En ek het dit self gesien. Jul volgehoue gebede is beantwoord. Dankie daarvoor aan elkeen.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button