
Nagenoeg 200 000 blomme was vanjaar weer deel van die FS/Madeira Flower Festival wat hierdie naweek in Parys gehou is. Saterdag 30 November is die vlotparade oudergewoonte gehou met 5 vlotte wat die toerismeroetes van die Vrystaat voorgestel het, en honderde dansers.
Hoewel daar op die oog af minder toeskouers was om die kleurvolle skouspel te sien, het mense gou begin naderkom soos wat die optog deur die dorp se hoofstraat beweeg het. Die fees is vanjaar vir die vierde jaar agtereenvolgens aangebied terwyl die Power Boat Festival môre Sondag 1 Desember by die Parys Golf & Country Estate gehou word. Toegang is gratis.

Foto’s: Liezl Scheepers, Parys Gazette





