NewsNews

Juwelierswinkel loop weer deur

Daar is teen Dinsdag 26 November steeds gesoek na twee verdagtes wat American Swiss in Parys Maandag 25 November beroof het. Die voorval het omstreeks 09:45 die oggend gebeur toe ‘n man die verkoopsdame genader het vir ‘n goue verloofring. Volgens die polisie is die man die ringe in die winkelvenster gewys en het hy …

Daar is teen Dinsdag 26 November steeds gesoek na twee verdagtes wat American Swiss in Parys Maandag 25 November beroof het.

Die voorval het omstreeks 09:45 die oggend gebeur toe ‘n man die verkoopsdame genader het vir ‘n goue verloofring. Volgens die polisie is die man die ringe in die winkelvenster gewys en het hy die verkoopsdame oorrompel toe hulle weer terug is in die winkel om ook na die ringe in die vertoonkaste te kyk.

Die man het gesê dat dit ‘n gewapende roof is, en ook beveel dat die vrou haar nie moet teësit nie. Intussen het nog ‘n verdagte ingekom en ook die ander verkoopsdame oorval. Beide is na agter in die winkel gedwing waar hulle met kabelbinders vasgebind is.

Die mans het al die goue juweliersware uit die vertoonkaste en kluis geneem asook ‘n selfoon en toe met ‘n silwer Kia van die toneel gevlug.
Niemand is in die voorval beseer nie.

Dit was reeds die soveelste gewapende roof oor jare by dié winkelgroep se tak in Parys.

Die polisie sê dat huisbrake in die sakekern van Parys ernstige afmetings aanneem en veral goedere gevat word wat naby vensters staan wat uitgeslaan word.
Die diefstal van koperpype en watermeters is ook ‘n bykans daaglikse verskynsel en ernstige probleem in die dorp.
Mense is weer gevra om met die oog op die Feesseisoen wat voorlê, nie waardevolle items buite of selfs binne jou huis te laat rondlê nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button