CommunityNews

Ouer-kinddag teen eensaamheid

Sowat een uit drie bejaardes ly aan eensaamheid.

Die verlies aan werk, afsterwe van eggenotes en tydgenote en siekte of verswakte gesondheid is van die oorsake hiervoor. Dit lei op die beurt na depressie en verswakking, maar kan verhoed word deur gereelde kontak met vriende en familie.
“Ons sien elke dag hoe belangrik samesyn, veral van familie, is om veroudering teen te werk,” sê Teresa Broodryk, matrone van die Andries-Marie Oosthuizen Tehuis (AMOT) in Parys.
“Dit is waarom ons moeite doen om ouer-kinddae aan te bied.”
Die ouer-kinddag word op Saterdag 23 November by die tehuis aangebied. Afgesien van ‘n modeparade met uitrustings van Milady’s word verskeie interessante besprekings oor gesondheid en aktiewe veroudering deur Kind-2-Hearing, Cal-Mag-C en Anneke Liebenberg wat betrokke is by die “Aktiewe Verouderings Program” van AVBOB aangebied.
Die inwoners se handewerk sal te koop aangebied word en vir die boekwurms sal daar leesstof wees wat opgeraap kan word. Verder kan besoekers ook eetgoed by die tehuis se snoepie aankoop.
Die duet CrossPhire sal besoekers op die dag vermaak en vir die kleinkinders wat sukkel met stilsit is daar ‘n springkasteel.
Kaartjies kan teen R150 per persoon gekoop word om die dag by te woon. Die kaartjie sluit ‘n ete in.
Kom geniet die dag van samesyn teen eensaamheid by Amot vanaf 9:00 tot 14:00 op Saterdag 23 November.
Vir meer inligting skakel Teresa Broodryk by 078 0705 200 of 056 811 2185.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button