NewsNews

Brand by Supermark

Brand by Supermark - lees meer hier

‘n Brand het gisteraand (21 November) by die OK Grocer in Cachetpark, Potchefstroom ontstaan.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het hulle omstreeks 21:30 ‘n alarm van die perseel ontvang waarna hulle reageer het.

Die brandweer en die NWU se beskermingsdienste was ook op die toneel om die brand onder bedwang te bring. Die brand het glo in die kombuisarea van die supermark ontstaan.

Die Herald het vanoggend (22 November) die Supermark besoek. Die skade is nie so erg dat besigheid gestaak moes word nie. Slegs ‘n gedeelte van die winkel is toegespan.

Die presiese oorsaak van die brand is nog onbekend.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button