
Hoewel GEEN beurtkrag vandag, Vrydag 22 November, verwag word nie, is die kragnetwerk onder druk, waarsku Eskom.
Die kragreus sê ook dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word.
Luidens Eskom is sy kragstasies se werkvermoë op die oomblik onbetroubaar met 10 800 MW kragopwekkingsvermoë wat buite werking was teen 06:00 vanoggend as gevolg van onbeplande foute.
Eskom sê ook dat hoewel beurtkrag ‘n waarskynlikheid is, dit net ingestel sal word as dit absoluut noodsaaklik is.
Die noodreaksiebeheersentrum monitor die kragnetwerk en sou daar nog onverwagte probleme opduik mag dit lei tot beurtkrag op kort kennisgewing.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



