
Wees baie versigtig wat jy naby vensters pak. ‘n Hele paar besigheidseienaars in Parys was die afgelope twee weke slagoffers van inbrake by besighede waar vensters van die onderneming gebreek en die diewe blitsig gevat het wat ookal naby die venster gestaan het. Selfs in sentrums loop besighede deur.
Kaartdiefstal by OTM’s bly ook steeds ‘n groot bron van kommer in die dorp.
Jy kan onder geen omstandighede toelaat dat iemand jou by ‘n OTM help nie. Moet ook nie jou pinnommer saam met jou kaart bêre nie. Gebruik eerder die OTM wanneer daar ander kliënte ook is.
As jy onraad vermoed of iemand verdag by die OTM sou opmerk, moenie die OTM gebruik nie.
Misdadigers is geslepe en vang hul slagoffers dikwels onkant.





