NewsNews

Dit is hoekom jy nie water het nie

Dit is hoekom jy nie water het nie

In Allenbystraat loop dit in strome –  al van vanoggend net voor 07:00. Maar dit is nie strome van seën nie.

Nee dis duisende liters water wat verlore is en die rede waarom mense in hierdie omgewing nou sonder water sit en bes moontlik nog vir ‘n hele ruk sonder water sal wees.

Gazette het  die waterlek  onder die munisipale bestuur se aandag gebring en pas bevestiging gekry dat ‘n span uitgestuur word om die lek reg te maak. Dankie aan die amptenare wat vanmiddag dadelik gehoor gegee het aan Gazette se boodskap oor die Allenby-lek.

Verskeie inwoners het vandag gerapporteer dat munisipale telefoonlyne net lui.

Inligting is vanoggend ontvang van stakende munisipale werkers. Daar word steeds gewag op meer inligting oor watter dienste as gevolg van die staking geraak sal word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button