NewsNews

Weg vir die Desember-vakansie: Kyk hierna!

Weg vir die Desember-vakansie: Kyk hierna!

Die skoolvkansie en Feestyd lê voor en baie Parysenaars sien waarskynlik uit na ‘n welverdiende ruskans. Ongelukkig is baie van ons so besig met ons vakansiereëlings dat ons basiese veiligheidswenke agterweë laat.
* Toets jou alarm ten minste ‘n maand voor jou vertrektyd.
* Stop die aflewering van nuusblaaie vir die tydperk wat jy nie tuis sal wees nie.
* Stel die polisie en/of buurtwaglede in kennis van die tydperk wat jy afwesig sal wees met jou kontaknommer.
* Los ‘n sleutel by bure of vriende.
* Stel die polisie/buurtwag/bure/ vriende in kennis sou jy vroeër of later beplan om terug te keer.
* * Stel die polisie/buurtwag/bure/vriende in kennis wie gemagtig is om op die perseel te wees of daar slaap.
* Versoek bure of vriende om die posbus gereeld leeg te maak van gemorspos.
* Installeer ‘n tydskakelaar vir verskillende ligte (binne en buite), asook die radio en/of TV, of versoek bure of vriende om op verskillende tye die ligte aan en af te skakel.
* Versoek bure of vriende om hul voertuie op jou perseel te was. Dit is selfs ‘n gawe plan dat bure of vriende so nou en dan op jou perseel braai. Sodoende maak jy seker dat jou huis nie stil en verlate lyk nie.
* Reël dat jou gras so nou en dan gesny word.
* Versoek bure of vriende om ‘n swartsak met vullis voor jou erf te laat op dae wat die munisipaliteit vullis verwyder.
* Versoek bure om so nou en dan die tuinsproeiers aan te sit.
* Moet geen vuurwapens op die perseel laat nie. Sorg vir veilige bewaring by die polisie of handelsbank.
* Belangrike of waardevolle dokumente en materiaal byvoorbeeld versekeringspolisse en juwele moet liefs by ‘n bank in veilige bewaring gehou word.
* Moenie sleutels binne-in ‘n buitedeur los of onder ‘n potpant of deurmat nie.
* Beveilig skuifdeure om te verhoed dat dit uit die raam gelig kan word.
* As jy pas by ‘n huis of woonstel ingetrek het, vervang al die buitedeure se slotte.
* Jy kan ook jou bure, vriende of buurtwag vra om vooraf saam met jou seker te maak dat daar nie enige swak plekke is wat toegang na jou erf of huis maklik maak nie.
* Vra dat bure of vriende so nou en dan verskillende vensters oop en toe maak.
* Maak terselfdertyd seker dat alle vensters op knip geplaas word wanneer jy dit toemaak, en dat jy nie vensters sommer net ooplos nie – selfs nie eens vir katte nie.
* Gordyne kan bedags oopgemaak word en moet weer snags toegemaak word.
* Indien moontlik kry iemand om in die huis te bly vir die tyd wat jy nie daar is nie.
* Indien jy oor ‘n landlyn telefoon beskik, stel die klank op sy sagste sodat verbygangers nie hoor dat die telefoon aanhoudend lui en kan aflei dat niemand tuis is nie.

 

Related Articles

Back to top button