NewsNews

Met rivier- en veldklippe gebou ter ere van die Ossewatrek

Hoewel die foto in verlede week se raaifoto vir die Ken jou dorp-rubriek baie lesers verwar het met ’n soortgelyke monument elders in die dorp, is die foto wat gepubliseer is die Ossewatrek-monument, wat jy aan jou regterkant sien soos wat jy Parys binnery.

Deur Iris Andrew

Volgens ’n brief wat mnr. C.P. Muller (stadsklerk van Parys van 1924 tot 1947) in 1970 uit Vishoek waar hy gaan aftree het, aan mnr. C.H. Loubser geskryf het, is die monument van die Ossewatrek van 1938 seker die uitsonderlikste van al die monumente van dié simboliese trek.
Dit is gebou van klippe wat deur honderde inwoners van Parys aangedra is uit die veld en uit die Vaalrivier. Die buitenste sye is gebou met klippe van die Liebenbergskoppie, en maalklippe van die Matabele wat van die ou krale ten ooste van die vliegveld en skietbaan afkomstig is. Die remskoen bo-op die monument is een wat die Voortrekkers gebruik het om van Natal na Harrismith oor die Drakensberge te trek. Dit het eers aan ’n mnr. Olwagen behoort, wat dit weer aan mnr. Muller gegee het. Vertel ons wat jy van hierdie monument onthou. Hierdie en baie ander interessante geskiedenisverhale is in die Parys-museum te sien.

Related Articles

Back to top button