NewsNews

Egpaar bly in aanhouding oor beweerde bedrog

Die egpaar Andre en Antoinette Retief wat die onderneming Corner Motors in Parys bedryf het, het Woensdag weer vlugtig hier voor landdros Leshnee Pillay in die hof verskyn.

Die egpaar Andre en Antoinette Retief wat die onderneming Corner Motors in Parys bedryf het, het Woensdag weer vlugtig hier voor landdros Leshnee Pillay in die hof verskyn. Hulle het aansoek om borg van die hand gewys en bly nou in aanhouding tot hul volgende hofverskyning hier op 2 September. Die egpaar staan tereg op verskeie klagte van bedrog van 18 klaers, waarvan die bedrag reeds bykans R2 miljoen beloop.
Die egpaar het ook soortgelyke klagtes teen hulle in Potchefstroom en Klerksdorp en sou ook verlede week weer in die hof in Potchefstroom verskyn het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button