
Parysenaars sien gereeld van perdekarre tot beeste in die dorp se sakegebied. Maar hierdie het hy nog nooit gesien nie, skryf Paul Grobler.
Hoenders wat agterop ‘n oop bakkie ry saam met hul eienaar en dan boonop geduldig wag terwyl die eienaar inkopies in die supermark doen, was beslis iets nuut. Nie een spring eers af nie!
Hy het die foto naby Choppies in Parys geneem.
Paul sê dat hy al baie snaakse goed in sy lewe gesien het. “Tot ook ‘n troetelhoender gehad en ‘n gans wat hom beter opgepas het as ‘n hond.” Maar hierdie was iets wat ek nog nooit gesien het nie. “Oulik!”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



