NewsNews

Skande-gate na rioollyn verlenging

Skande-gate na rioollyn verlenging

Na konstruksiewerk vir die verlenging van die riool-uitvallyn vanaf Tumahole, onder Wesstraat na die rioolwerke, is dit hoe dit nou lyk op die h/v Tweedelaan en Wesstraat. ’n Skande gat waarteen voetgangers en motoriste met versperband gewaarsku word.
Dieselfde kan ook gesien word op die h/v Wesstraat en Derdelaan langs die Rooidam. Ook hier is powere pogings aangewend om motoriste en voertuie te waarsku teen die gevaar. Foto’s wat deur die publiek geneem is wys hoe die gat selfs in ‘n dag se tyd nog verder ingeval het nadat dit die eerste keer op 6 November opgemerk is. Asof dit nie genoeg is nie, is ‘n mangat ook hier deur die kontrakteur beskadig.
Met die swaar reën van die afgelope twee weke het los grond teen die damwal begin afspoel en is die grond bo die rioolpyp besig om in te sak, vertel inwoners van die omgewing


Ten spyte daarvan dat die gate by die munisipaliteit gerapporteer is, was daar teen Gazette se druktyd nog geen aanduiding gegee wanneer dit herstel sal word, of wat gedoen gaan word aan die teervlak, asook dele van die leivoor in Wesstraat wat beskadig en toe met swak vakmanskap herstel is.
Intussen hou hierdie skande gate ’n ernstige gevaar in, veral in die nag, vir motoriste, fietsryers en voetgangers met talle straatligte wat boonop nie werk nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button