NewsNews

‘n Feesjaar om te onthou vir Parys se Voortrekkers

‘n Feesjaar om te onthou vir Parys se Voortrekkers

Parys spog nie net met ‘n baie aktiewe Voortrekkerkommando nie, maar is ook die sewende grootste kommando in die Vrystaat Provinsie. Vrydag het dié kommando erkenning gegee vir die prestasies die afgelope jaar van sy 93 Penkoppe en Drawwertjies, 22 Verkenners en 28 Heemraadslede, offisiere en jeugvriende.
2019 was inderdaad ‘n besondere jaar vir Parys Voortrekkerkommando wat vanjaar 85 jaar oud is. Die feesvieringe het einde 2018 afgeskop met ‘n verjaardagfeeskamp by Udolpho, en daarna ook ‘n verjaardagpiekniek met ‘n ys-emmer uitdaging by die AfriDome.
Op 6 April is dié mylpaal behoorlik gevier met ‘n besondere seremonie en ete waartydens die kommando die hoofleierstoekenning van Voortrekker-hoofleier, dr. Danie Langer ontvang het, en die Reddingsboei-toekenning vir dapperheid aan ‘n oud-Parysenaar, Herman Steyn, na 50 jaar oorhandig kon word.
‘n Spog feesboekie is saamgestel wat ‘n terugblik gee oor die kommando se ontstaan en groei oor die jare, terwyl daar ook gespog kon word met ‘n nuwe vaandel vir die kommando.
Dan was daar die besoek van oom Jakkie van der Colff wat Voortrekkers regoor die land geïnspireer het met sy fietstrap van die Voortrekkermonument in Pretoria tot by die Taalmonument in die Paarl. Sy doel – om bewusmaking vir die Voortrekkers te skep. In Parys het hy saam met die Bye-span verskeie besienswaardighede in die dorp besoek.
Vanjaar se Kommando Ossewa-toekennings is aan George Conradie en Zak Naudé onderskeidelik oorhandig, terwyl kommandoleier, Dawn Rall ‘n 35 jaar diens voorjuk-toekenning ontvang het vir haar onbaatsugtige diens en groot rol wat sy oor jare in die Parys Kommando vervul.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button