News

Prokureur vier Bok-oorwinning, skiet homsef ure later

Prokureur vier Bok-oorwinning, skiet homsef ure later

Shaun Kruger (40), direkteur van Van Wyk en Ferreira Administrateurs en eienaar van Shaun Kruger Prokureurs in Vanderbijlpark, het ure voor sy dood nog die Wêreldbekereindstryd tussen die Springbokke en Engeland by sy broer, Charl Kruger, se huis in Lepelhoutstraat in SE3 gekyk.
’n Paar uur later het hy na sy huis in Wenningstraat in SW5 teruggekeer, waarna hy homself glo in die slaapkamer van sy huis toegesluit en geskiet het.
Op foto’s en video’s wat Kruger kort voor sy dood op Facebook gelaai het, lag hy uitbundig en lyk dit of hy ’n goeie tyd het. “Ai maar dit is lekker!” skryf hy vroeër die middag oor die Springbokke se oorwinning op Facebook.
Charl, ook ’n prokureur, vertel: “Ons het die middag nog lekker saam gekuier. Shaun is net na 18:00 huis toe. “Kort daarna het Shaun se beste vriendin, Ronel van Aswegen, ’n beheeraanklaer by die landdroshof in Vanderbijlpark wat ook saam met hulle die rugby gekyk het, my vrou, Yolanda, gebel en gesê dat sy ’n skoot by Shaun se huis hoor klap het en dat ons moet kom. Sy bly naby hom. “Ons het dadelik na sy huis gegaan. Ek het nie eers my plakkies aangetrek nie. Toe ons daar kom, was die huis oop maar sy kamerdeur was gesluit.
“Ek het die deur afgeskop en hom binne in die kamer aangetref. Dit was omstreeks 18:30.” Volgens Charl het Shaun geen nota agtergelaat nie.
“Daar is baie vrae. Ons sal nooit al die antwoorde hê nie.” Dalk was dit ‘n split second besluit. Dalk was dit die ideale dag; die bokke het gewen. Ons het lekker saam gekuier.”
Charl sê sy broer was geliefd onder almal en dat hy min vyande gehad het, selfs nie eers in die regsprofessie nie. “As hy met jou gepraat het was jy syne
vir daardie rukkie. Hy het ’n manier gehad om almal spesiaal te laat voel.
Charl vertel hoe sy broer elke Sondag om 12:00 klokslag vir sy bejaarde ouers kos geneem het en dan hul swembad skoongemaak het. Hy beskryf sy broer ook as ’n puik prokureur.
“Ek dink dit is ’n geval van die een wat die hardste lag somtyds die grootste seer het. My broer het almal laat lag. Hy het 10 miljoen mense se laste op sy skouers gedra en vir hom was dit net nooit te veel nie.
“Hy het te veel gegee en op die einde min gehad vir homself.” Shaun is ’n oudleerling van Hoërskool Transvalia. Hy het sy regsgraad aan die
Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus behaal.
* Shaun word oorleef deur sy ouers, Hennie (75) en Rennie (72) Kruger, sy broer Charl Kruger (42) en sy Yorkshire Terrier-hondjie Nikita, na wie sy broer nou sal omsien.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button