Klerksdorp Record berig dat ‘n 37 jarige man homself reeds aan die polisie oorgegee het na die voorval.
Volgens Kapt. Aafje Bothma, provinisiale polisiewoordvoerder, het ‘n man by Speedy Car Sales in Andersonstraat ingeloop waarna hy met Dangor begin argumenteer het. Kort daarna het die man begin skiet. Twee ander mense is tydens die voorval beseer.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en twee ander klagtes van poging tot moord.
Dangor word glo vandag begrawe. Talle boodskappe van ondersteuning en meegevoel aan die Dangor gesin is gister (11 November) op sosiale media gedeel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



