Tradisioneel is November en Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) omdat ons nie die 3000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Die behoefte aan bloed raak ons elkeen.
Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ʼn stadium in hul lewe benodig. Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red. Eenheid bloed word in 3 komponente geskei: rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ʼn persoon wat baie bloed verloor het, bv. tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ʼn bloedsiekte, bv. hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het) en plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.
As ons na vorige jare se bloedvoorrade oor die Feesseisoen, weet ons dat moeilike tye voorlê.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 November 2019 by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed en meer intesamel. Elke bloed skenker sal ‘n geskenkie van waardeering ontvang.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
· Tussen die ouderdom van 16-75 wees
· Meer as 50kg weeg
· Iets voor jou skenking eet
· ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
· Gesond wees op die dag van skenking
SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.