‘n Vrou (30) is gisteraand (9 November) dood toe sy in ‘n motorongeluk op die Vereenigingpad (R54) net buite Potchefstroom betrokke was.
Volgens Ross Campbell, ‘n woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 21:30 by die ongelukstoneel gekom. Volgens hom blyk dit dat die vrou se motor kop-aan-kop met ‘n vragmotor gebots het.
Die vrou is op die toneel dood verklaar en die bestuurder van die vragmotor het beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend maar plaaslike owerhede was by die toneel vir verdere ondersoek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



