NewsNews

Oud-Pukke vier 150 jarige bestaan van universiteit

Oud-Pukke word aangemoedig om op Saterdag, 30 November hul universiteit se 150-jarige bestaan in Potchefstroom te vier.

 

Oud-Pukke word aangemoedig om op Saterdag, 30 November die universiteit se 150-jarige bestaan in Potchefstroom te vier.

Hoewel die Noordwes Universiteit (NWU) uit die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) gegroei het, wil die bestuur van die NWU nie erkenning aan die 150 jarige bestaan van die universiteit gee nie.’n Aantal oudstudente van die universiteit het toe besluit om ’n eie feesgeleentheid by die Snowflake-gebou te reël en so die ryke geskiedenis en prestasies van die afgelope 150 jaar te herdenk.

Oud-Pukke, jonge Pukke, NWU-Pukke, kortom alle oud-Pukke, word hartlik uitgenooi om die fees by te woon en lekker saam te kuier. Die dag se program sluit optredes in deur bekende Puk-kunstenaars soos Johan van Rensburg, Danie Niehaus, Anna Davel en “die Bourbons Broers” asook Ghapi en ander kunstenaars.

Die president van Tarentaal sal tydens die oggendprogram gaste met ‘n toespraak vermaak waarna  kort vyf minute toesprake van enkele oud-kanseliers en vise-rektore, soos onder meer FW de Klerk en Theuns Eloff, sal volg. Daar is ook ’n aansit-ete vir diegene wat belangstel. Die middag is meer informeel met kosstalletjies, kunstenaars, ’n kontantkroeg en baie kuiergeleenthede.

Oud-Pukke wat graag die fees wil bywoon, het drie opsies om van te kies:
1. Oggendprogram: (10:00 tot 14:00) – R200
2. Middag-/aandprogram: (14:00 – 23:00) – R120
3. Kombinasie van 1 en 2: R250

Koop kaartjies aanlyn: https://tickets.tixsa.ca.za/event/puk-150-fees of bel 087 087 7464.
Borgskappe en skenkings word verwelkom. Skakel Theuns Eloff by 082 806 4956.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button