News

Maak jou reg vir ’n fees van klassieke Kersmusiek

Kaartjies verkoop jaarliks vinnig uit, kry daarom jou kaartjie betyds.

Goeie nuus vir alle liefhebbers van klassieke musiek is dat die gewilde Deo Gloria Kerskonsert vanjaar weer gehou word. Dit vind plaas op Saterdag, 23 November in die NG Kerk Vredefort.
Die koor, onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het sedert sy ontstaan in 1999, mense van oraloor met ‘n program van gewyde en Kersmusiek vermaak.

nse van die Noord-Vrystaat en Noordwes Provinsies, en ouderdomme wissel van 14 tot 70.
Die opwindende program beloof om weer vanjaar in almal se smaak te val met liedere soos Lord of the Dance (verwerk deur John Rutter), Sanctus van Gounod, ‘n koorverwerking van die beroemde Widor-toccata vir orrel, en vele ander bekende en geliefde Kersliedere.
Die koor sing vanjaar saam met wêreldklas-tenoor Stéfan Louw, wat ook as gaskunstenaar optree, en word begelei deur die JMI orkes (Johannesburg Music Initiative).

JMI is saamgestel uit professionele musici en tree by ‘n wye verskeidenheid geleenthede op – van operabegeleiding tot Huisgenoot Skouspel en die Kunstefeeste soos Aardklop en die KKNK.

Die koor word verder deur ‘n familiegroep uit die Wes-Kaap, die Leonards, aangevul.
Olga Leonard het veral bekendheid saam met Babette Viljoen as sangpaar verwerf, en was medeverantwoordelik vir verskeie produksies by kunstefeeste, soos die onlangse produksie “Krog” wat onder meer by Aardklop aangebied is.
Die gasorrelis is die fenomenale prof. Theodore van Wyk van die Universiteit van Pretoria.
Met soveel uitmuntende kunstenaars bymekaar op een ‘verhoog’, is dit die moet-sien-produksie van die jaar!

Kaartjies kos slegs R120 en is beskikbaar by alle koorlede, asook by National Roadhouse (langs Koepel Slaghuis) en La Vie en Rose.
Kaartjies verkoop jaarliks vinnig uit, kry daarom jou kaartjie betyds.
Mense wat nie die konsert kan bywoon nie, maar wel ‘n DVD van die vertoning wil bestel, kan vir Corien Pretorius by La Vie & Rose by 082 320 3183 skakel.
Vir meer inligting of enige navrae oor die konsert kan Erna Rademan by 082 565 1085 geskakel word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button