NewsNews

Midvaal: Mees stabiele munisipaliteit in Gauteng

Midvaal: Mees stabiele munisipaliteit in Gauteng

MIDVAAL. – Die Demokratiese Alliansie (DA) het die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (SALGA), dat Midvaal Plaaslike Munisipaliteit die mees stabiele munisipaliteit in Gauteng is, verwelkom.

SALGA het Midvaal ook ‘n skoon oudit toegeken met ‘n ongekwalifiseerde oudit vir die boekjaar 2018/19.

Dit is voorwaar iets om op rots te wees en ‘n bewys dat harde werk en toewyding tot ‘n suksesverhaal kan lei.  Die DA-burgemeester, Bongani Baloyi, het die volle begroting van R1,34 miljard verstandig en verantwoordelik bestee – ‘n bewys van goeie bestuur.

Die DA-bestuurde Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat ‘n skoon oudit ontvang het. Dit beteken dat die munisipaliteit se finansiële state betroubaar is en in ooreenstemming is met wetgewing oor prestasiestandaarde.

Die wenresep is waarskynlik dat dié munisipaliteit nie misbruik maak van belastingbetalers se geld nie.

“Waar die DA regeer, sal ons ons bes doen om te verseker dat belastingbetalers se geld bestee word om dienste doeltreffend aan ons gemeenskappe te lewer,” sê John Moodey, DA Gauteng Provinsiale leier.

Die DA het burgemeester Baloyi en sy span geluk gewens, en is veral dankbaar vir die mense van Midvaal vir hul ondersteuning.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button