NewsNews

Verlore troeteldiere: Gevind, maar eienaars soek

Baie troeteldiereienaars sal kan getuig van die groot hartseer wanneer ‘n troeteldier soek raak – en nog erger dalk nooit gevind word nie. Die baie vrae wanneer jy na ‘n troeteldier soek wat net spoorloos verdwyn het. Maar weet jy hoe dikwels beland verlore troeteldiere in die DBV-hokke sonder enige vorm van identifikasie? Geen naamplaatjie …

Baie troeteldiereienaars sal kan getuig van die groot hartseer wanneer ‘n troeteldier soek raak – en nog erger dalk nooit gevind word nie.

Die baie vrae wanneer jy na ‘n troeteldier soek wat net spoorloos verdwyn het.

Maar weet jy hoe dikwels beland verlore troeteldiere in die DBV-hokke sonder enige vorm van identifikasie? Geen naamplaatjie of mikroskyfie wat DBV-personeel of wie ookal jou liefling hondjie of katjie sou kry, na jou sal lei nie.

Die hartseer waarheid is dat hetsy die DBV of iemand anders jou verlore troeteldier sou kry, dit nie altyd moontlik is om die dier onbepaald te hou totdat sy eienaar opgespoor word nie, want die versorging van ‘n dier kos geld afgesien van die groot trauma en gemis aan hul eienaars.

Die grootste guns wat jy jou viervoet vriend kan doen is om net seker te maak daar is ‘n naam of telefoonnommer of enige vorm van identifikasie aan jou troeteldier, sou die dier uit jou erf kom.

Wil jy nie maar vandag nog seker maak of jou troeteldiere ‘n halsbandjie met naamplaatjie of mikroskyfie dra nie?

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button