NewsNews

Koop jou diploma vir R800!

Koop jou diploma vir R800!

Daar is deesdae soveel skelmstreke en bedrog in die land dat selfs ‘n diploma teen ‘n skamele bedrag van net R800 gekoop kan word! Maar wees gewaarsku – koop jy so ‘n diploma is jy skuldig aan ‘n misdryf en kan aangekla word daarvoor.

‘n 44-jarige man is verlede week gearresteer vir die verkoop van verskillende soorte vals akademiese kwalifikasie sertifikate tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie. Op die dag van sy inhegtenisneming het hy pas ‘n diploma vir menslike hulpbronbestuur vir R800 verkoop.

 

Die provinsiale hoof van die Direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek, majoor-generaal Zodwa Mokoena, het die span se goeie werk toegejuig en die publiek ook aangemoedig om soortgelyke voorvalle aan te meld.

‘Dit is nou ‘n kriminele oortreding as iemand valslik of bedrieglik beweer dat hy of sy ‘n kwalifikasie of gedeeltelike kwalifikasie het. Diegene wat vals kwalifikasies aanbied op soek na werksgeleenthede, sal nie gespaar word nie,’ het sy gewaarsku.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button