NewsNews

“Sy is onder die beste moontlike mediese sorg”

Gerda Meyer wat vir jare as maatskaplike werker by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys gewerk het, se toestand was teen Maandag stabiel nadat sy Sondagoggend met haar fiets op die h/v Schilbach- en Conroystrate geval het. Gerda is van die ongelukstoneel per ambulans na Vaalpark Netcare geneem en daarna per lug oorgeplaas na …

Gerda Meyer wat vir jare as maatskaplike werker by Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Parys gewerk het, se toestand was teen Maandag stabiel nadat sy Sondagoggend met haar fiets op die h/v Schilbach- en Conroystrate geval het.
Gerda is van die ongelukstoneel per ambulans na Vaalpark Netcare geneem en daarna per lug oorgeplaas na die Intensiewe sorgeenheid van die Milpark Netcare-hospitaal se Trauma-eenheid waar sy gestabiliseer en in ‘n medies geinduseerde koma geplaas is.
Sy het onder meer ‘n skedelbasis fraktuur en skouerfraktuur in die ongeluk opgedoen.

Dankie aan elkeen wat op die toneel hulp verleen het en vir almal se ondersteuning en gebede. “Sy is onder die beste moontlike mediese sorg, het haar man, Christo, gesê.
Gerda was vir 18 jaar maatskaplike werker in Parys waar sy die pad saam geloop het met van bejaardes tot kinders – iemand vir wie haar werk ‘n roeping was. Sy het einde Julie vanjaar met pensioen afgetree.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button