NewsNews

89 Minute van Glorie – van die eerste oefening tot die eindfluitjie blaas

89 Minute van Glorie - van die eerste oefening tot die eindfluitjie blaas

89 Minute van Glorie, geskryf deur Wouter Pienaar, is die eerste en enigste omvattende kyk na die NWU-Pukke se 2016 Varsitybeker-oorwinning vanaf die eerste oefening tot die laaste eindfluitjie. Dit is ʼn storie wat spelers, afrigters, spanbestuur, ondersteuners en belanghebbendes vertel.
Die boek bevat pragtige kleurfoto’s en grafika wat die storie in beeld vasvat, terwyl die 80 bladsye teks ‘n verhaal van hoop, deursettingsvermoë, talent en ‘n “All In” mentaliteit vertel.
Vir enige rugbyliefhebber, NWU-alumni en Potchefstromer is hierdie ‘n pragboek wat gelees moet word.
Hierdie boek (sagteband) sal by die bekendstelling (datum sal nog vasgestel word) beskikbaar wees, sowel as tans by die outeur (Wouter Pienaar) self.
Die koste van die boek beloop R250 per kopie.
Daar is ook slegs 300 boeke beskikbaar met die eerste druk.
Vir navrae kan Wouter Pienaar by 2wpienaar@gmail.com of 084 823 5465 gekontak word.

Related Articles

Back to top button