News

Musiek bring ‘vroeties’ bymekaar

Musiek bring ‘vroeties’ bymekaar

Min het Gertie Kotze kon dink dat ‘n musiekprogram op RSG studentemaats vir die eerste keer in 42 jaar weer bymekaar sou bring.
Met die saamstel van ‘n musieklys vir die program in 2018, het sy ‘n skoot in die donker gewaag en gevra dat dit ook gespeel word vir die ‘vroeties’ soos wat hulle wat hul kraamopleiding destyds by die Kroonstad Provinsiale hospitaal gekry het, genoem is.
‘n Maand later het sy al haar klasmaats opgespoor en het nege van die 13 studentemaats die naweek van 18 tot 20 Oktober mekaar weer na jare gesien toe daar reünie gehou en by die Doringbos Lodge in Parys tuisgegaan is. Die nege is Stella Freysen (Somerset-Wes), Ria Prinsloo (Pretoria), Noeline de Beer (Centurion), Kitty Prinsloo (Vredefort), Dina Rood (Parys), Maretha Mouton (Kleinmond), Antjie Bernard (Bethlehem), dosent Gene Potgieter (Kroonstad) en Gertie wat van Pietermaritzburg is.


Gertie vertel dat hulle destyds in die verpleegsterstehuis tuis was en ‘n noue band gevorm is van die eerste dag wat hulle mekaar ontmoet het.
Na die opleiding het elkeen sy eie paadjie geloop en het hulle kontak verloor, maar toe daar weer na jare om die vuur gekuier is, is herinneringe gedeel, baie gelag en gehuil oor die lief en leed van die afgelope 42 jaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button