NewsNews

Wees veilig by die OTM

Die wenke moet jy onthou

* Teken jou bankkaart sodra jy dit ontvang.
* Gaan jou bankstate gereeld na.
* Wees versigtig op watter webtuistes jy aanlyn inkope met jou bankkaart doen.
* Moenie e-pos uitstuur met jou rekeningnommer en kaartvervaldatum daarop nie.
* Maak seker jy kry telkens jou eie kaart terug wanneer jy dit by ‘n kitsbank of vir inkopies gebruik het.
* Moet nooit jou pin neerskryf of aan iemand anders gee nie, of selfs saam met jou bankkkaart bêre nie.
* Rapporteer verlore of gesteelde bankkaarte onmiddellik.
* Moet nooit jou bankkaart uit jou oog laat gaan nie.
* Wanneer jy jou pinnommer insleutel, maak seker niemand hou jou dop nie.
* Verlaat die OTM as jy onveilig voel en moet nooit hulp van enigeen aanvaar wat jy nie ken nie. Moet ook nie toelaat dat iemand jou aandag aftrek wanneer jy ‘n transaksie by ‘n OTM doen nie.
* As een of twee OTM’s in ‘n bepaalde gebied nie werk nie, is dit beter om nie na die naaste OTM in dieselfde gebied te gaan nie.
Kitsbanke word gereeld gesaboteer om slagoffers na ‘n bepaalde OTM te lei.
* Moenie ‘n OTM of PVV-toestel gebruik as dit beskadig lyk, die skerm niks vertoon nie, of dit lyk asof daar gepeuter is nie.
* Hou jou daaglikse onttrekkingslimiet laag sodat misdadigers nie al jou geld kan onttrek nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button