NewsNews

‘Met hout vat jy weg, met klei voeg jy by’

‘Met hout vat jy weg, met klei voeg jy by’

VEREENIGING.- Hy het as huid en velinspekteur gewerk, maar dit het nie sy wese vervul nie. Houtwerk is deel van sy psige. Johan van Hoff woon reeds 19 jaar op ‘n hoewe in Risiville. Op die hoewe word besoekers met die geluid van saagmasjiene, vrolike voëls, blaffende honde en koffie
verwelkom. Hier woeker en werk Johan met sy talente.
Dis eenvoudig sê hy: “Met hout vat jy weg, met klei voeg jy by.” In die store en werkskamers is daar elke saag denkbaar, behalwe ‘n handsaag. Daar is ‘n radiussnyer waarmee hy sirkels saag en balle maak. ‘n Bandsaag waarmee hy planke saag, ‘n scroll saw wat portretstudies optower met ‘n baie
klein lemmetjie.
‘n Swart op wit afdruk van die portret word op masonite geplak en die swart word baie delikaat weggesny. Hy werk laag op laag en die realistiese
essensence van die mens word vasgevang. In sy privaat versameling het hy die Suid-Afrikaanse leiers vasgevang, familie, vriende en sy ma. Johan het deurentyd nuwe uitdagings. Die werkershande wat ‘n paar vingers kort, getuig van sy passie. Die huis is ‘n galery van kunswerke en besondere meubelstukke.
Oral vind hy inspirasie. Na ‘n besoek aan Clarens by ‘n bottelhuis, begin hy bottels versamel … 2 000 bottels! Daarna skep hy die kunswerk met bottels. Hy beeld ‘n ossewa, kruis, boom en seilskip uit. Hierdie vertrek word gebruik as kuierplek waar daar oor baie onderwerpe gesels word.
Hy het ook uit klei ‘n borsbeeld van homself, sy eie hande met al die vingers. Johan se talente en kunste het geen einde nie. Hy gee eer aan God vir sy talente. Hy weet dat elke mens in staat is om te skep en bewus moet wees van sy talente.
Johan is ‘n merkwaardige kunstenaar sonder ‘n kwas. Belangstellendes kan Johan by 072 149 5303 kontak.

Johan se kunswerk wat hy van die foto af gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button