NewsNews

Vermiste Devereaux gekry

Gerhard Streicher, oudskoolmaat van die vermiste Devereaux Pienaar (53), het vanmiddag die hartseer nuus aan Gazette bevestig dat Devereaux se liggaam gekry is in die Wolkberg-wildernisgebied waar hy vermis geraak het tydens ‘n staptog. Devereaux was ‘n oudskolier van Parys en het as ingenieur in Pretoria gewerk. Die soek- en reddingspan van Tzaneen het ook die …

Gerhard Streicher, oudskoolmaat van die vermiste Devereaux Pienaar (53), het vanmiddag die hartseer nuus aan Gazette bevestig dat Devereaux se liggaam gekry is in die Wolkberg-wildernisgebied waar hy vermis geraak het tydens ‘n staptog.

Devereaux was ‘n oudskolier van Parys en het as ingenieur in Pretoria gewerk.

Die soek- en reddingspan van Tzaneen het ook die nuus bevestig en dankie gesê aan elkeen wat onverpoosd na Devereaux gesoek het die afgelope 10 dae.

Devereaux en sy  jonger broer, Nico, het verlede week n staptog van 2 dae  in die onherbergsame Wolkberg Wildernis-gebied in Limpopo onderneem wat deel vorm van die noordelike Drakensberge.

Tydens die staptog het die broers van mekaar geskei geraak weens digte mis.
Nico is Maandag by die Ramodikwe-dam gekry in die Lenyene-geboed sowat 40km van Tzaneen gekry. Hy was baie swak en gedehidreer nadat hy vir 6 dae moes veg om oorlewing in die beboste bergagtige gebied.
Nico wat van Witbank is, was te swak om by die hoë damwal af te klim. Hy het n man onder gesien en om hulp geroep. Die man het hom hom tot by n kafee in die nabygeleë nedersetting geneem waar hy familie kon bel.
Soek- en reddingspanne het sedertdien onverpoosd gewerk om Pienaar te soek. Selfs motorfietse, hommeltuie en vrywillers het te voet help soek.
Beide broers was ervare stappers en het Dinsdag 15 Oktober met die staptog begin wat hul nog nooit vantevore aangepak het nie.
Hul water het egter op die 2de dag opgeraak en wou hul n kortpad vat na die beginpunt. Pienaar was toe al swak en gedehidreer. Hoewel hul by n waterval gekom het, het hulle in die mis en donker mekaar en die sak waarin hul selfone was verloor.
Die Wolkberg-gebied is bekend vir sy vinnig veranderende weersomstandighede.
Soekspanne het vanoggend Devereaux se liggaam gekry in die steil en erg ruwe terrein wat dit selfs vir ‘n helikopter onmoontlik gemaak het om daar uit te kom.

 

Related Articles

Back to top button