Vermiste Devereaux gekry
Gerhard Streicher, oudskoolmaat van die vermiste Devereaux Pienaar (53), het vanmiddag die hartseer nuus aan Gazette bevestig dat Devereaux se liggaam gekry is in die Wolkberg-wildernisgebied waar hy vermis geraak het tydens ‘n staptog. Devereaux was ‘n oudskolier van Parys en het as ingenieur in Pretoria gewerk. Die soek- en reddingspan van Tzaneen het ook die …
Gerhard Streicher, oudskoolmaat van die vermiste Devereaux Pienaar (53), het vanmiddag die hartseer nuus aan Gazette bevestig dat Devereaux se liggaam gekry is in die Wolkberg-wildernisgebied waar hy vermis geraak het tydens ‘n staptog.
Devereaux was ‘n oudskolier van Parys en het as ingenieur in Pretoria gewerk.
Die soek- en reddingspan van Tzaneen het ook die nuus bevestig en dankie gesê aan elkeen wat onverpoosd na Devereaux gesoek het die afgelope 10 dae.
Devereaux en sy jonger broer, Nico, het verlede week n staptog van 2 dae in die onherbergsame Wolkberg Wildernis-gebied in Limpopo onderneem wat deel vorm van die noordelike Drakensberge.





