NewsNews

Oud Parys-skolier steeds soek

Stapper steeds soek.

Tyd is die een faktor wat familie van die 53-jarige Devereax Pienaar nie het nie.
Pienaar, n oudskolier van Parys was gister reeds 9 dae soek nadat dinge skeefgeloop het tydens n staptog.
Devereaux en sy jonger broer, Nico, het verlede week n staptog van 2 dae  in die onherbergsame Wolkberg Wildernis-gebied in Limpopo onderneem wat deel vorm van die noordelike Drakensberge.
Tydens die staptog het die broers van mekaar geskei geraak weens digte mis.
Nico is Maandag by die Ramodikwe-dam gekry in die Lenyene-gebied sowat 40km van Tzaneen. Hy was baie swak en gedehidreer nadat hy vir 6 dae moes veg om oorlewing in die beboste bergagtige gebied.
Nico wat van Witbank is, was te swak om by die hoë damwal af te klim. Hy het n man onder gesien en om hulp geroep. Die man het hom hom tot by n kafee in die nabygeleë nedersetting gehelp waar hy familie kon bel.
Soek- en reddingspanne werk sedertdien onverpoosd om Pienaar te soek. Selfs motorfietse, hommeltuie en vrywillers help te voet soek.
Pienaar is n ingenieur van Pretoria. Beide broers is ervare stappers en het Dinsdag 15 Oktober met die staptog begin wat hul nog nooit vantevore aangepak het nie.
Hul water het egter op die 2de dag opgeraak en wou hul n kortpad vat na die beginpunt. Pienaar was toe al swak en gedehidreer. Hoewel hul by n waterval gekom het, het hulle in die mis en donker mekaar en die sak waarin hul selfone was verloor.
Op die foto is Devereaux Pienaar en sy vrou Veronica. Foto: Devereaux Pienaar/Facebook
8

Related Articles

Back to top button