Photo GalleriesSport

Vyf medaljes vir Parys na SA Ringtennis Dubbels

Vyf medaljes vir Parys na SA Ringtennis Dubbels

Ringtennisspelers van Parys het die afgelope naweek aan die SA Ringtennis Dubbel-kampioenskappe in Alberton deelgeneem waar nie minder nie as 5 medaljes verower is waaronder vier brons en ‘n silwermedalje.
Twee van Parys se o.13’s, Karla van Heerden en Dineke Koekemoer, het gespog met bronsmedaljes, terwyl Louwrens Vos met brons, en Juané Eybers met silwer kon spog by die o.21’s. Dan was daar ook nog ‘n brons vir Johan Britz by die veterane mans.


Ander spelers wat ook die dag deelgeneem het was Liné van der Merwe, Johannique Koekemoer, Monya en Anya Siragopoulos, Morné Eybers, Elna Eybers, Attie en Esther Goosen.
Parys-ringtennisklub oefen Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 in die kerksaal by die NG-gemeente Parys-Oos. Naas ‘n paar tekkies het jy niks meer nodig nie, net die gewilligheid om te kom saam speel. Jy hoef nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en kinders is almal welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button