Photo GalleriesSport

Vyf medaljes vir Parys na SA Ringtennis Dubbels

Vyf medaljes vir Parys na SA Ringtennis Dubbels

Ringtennisspelers van Parys het die afgelope naweek aan die SA Ringtennis Dubbel-kampioenskappe in Alberton deelgeneem waar nie minder nie as 5 medaljes verower is waaronder vier brons en ‘n silwermedalje.
Twee van Parys se o.13’s, Karla van Heerden en Dineke Koekemoer, het gespog met bronsmedaljes, terwyl Louwrens Vos met brons, en Juané Eybers met silwer kon spog by die o.21’s. Dan was daar ook nog ‘n brons vir Johan Britz by die veterane mans.


Ander spelers wat ook die dag deelgeneem het was Liné van der Merwe, Johannique Koekemoer, Monya en Anya Siragopoulos, Morné Eybers, Elna Eybers, Attie en Esther Goosen.
Parys-ringtennisklub oefen Dinsdae en Donderdae tussen 17:00 en 18:00 in die kerksaal by die NG-gemeente Parys-Oos. Naas ‘n paar tekkies het jy niks meer nodig nie, net die gewilligheid om te kom saam speel. Jy hoef nie ‘n ervare speler te wees nie. Beginners en kinders is almal welkom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button