NewsNews

Skitter prestasies ten spyte van koue, nat hindernis-uitdaging

Skitter prestasies ten spyte van koue, nat hindernis-uitdaging

Bitterkoue, nat weer en uitdagende hindernisse het Willem Janse van Vuuren en Alida van Dyk nie in die minste afgeskrik vir die wêreldkragmeting van die Obstacle Course Race met sy 76 hindernisse waaroor geklim en geklouer en selfs deur modder geploeg moes word nie. Die wêreldkragmeting is van 11 tot 13 Oktober in Londen beslis. Albei Parysenaars het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe van die gewilde Warrior Race, gekwalifiseer vir die Wêreldspele waaraan 3 000 atlete vanjaar deelgeneem het.

Met die uitdagende weersomstandighede kon net sowat 500 atlete die baan voltooi. Alida het ‘n skitterende 13de plek vir die 3km in haar ouderdomsgroep behaal, terwyl Willem algeheel 59ste in sy ouderdomsgroep was. Deelnemers het die kragmeting as van die strafstes beskryf. Willem en Alida sê dankie aan hul vriende en familie en Namgola wat hul deelname moontlik gemaak het, en die Crossperity-span vir al die ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button