NewsNews

Afwesigheid van padtekens skep kommer, lei to ongelukke

Afwesigheid van padtekens skep kommer, lei to ongelukke

Die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ‘n botsing waarin verskeie skoolkinders eergister (22 Oktober) in Vanderbijlpark ernstig beseer is.

 

Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Bequeralstraat en Hertz Boulevard teen ’n bakkie gebots. Die leerlinge en bestuurder van die bakkie moes per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem word.

 

Die VF Plus het onmiddellik verskeie ondernemings om hulp genader wat aangebied het om te help met die aanbring van die nodige padtekens by besige kruisings.

Die party sê hulle het voorheen by verskeie geleenthede die munisipaliteit versoek om die vereiste padverkeerstekens in Emfuleni aan te bring. Hierdie versoeke het glo op dowe ore geval en motoriste en voetgangers se lewens is daagliks in gevaar wanneer hulle die paaie gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button