NewsNews

Afwesigheid van padtekens skep kommer, lei to ongelukke

Afwesigheid van padtekens skep kommer, lei to ongelukke

Die afwesigheid van padverkeerstekens is waarskynlik die oorsaak van ‘n botsing waarin verskeie skoolkinders eergister (22 Oktober) in Vanderbijlpark ernstig beseer is.

 

Die bus wat twintig leerlinge van die Laerskool Frikkie Meyer vervoer het, het op die hoek van Bequeralstraat en Hertz Boulevard teen ’n bakkie gebots. Die leerlinge en bestuurder van die bakkie moes per ambulans na ’n plaaslike hospitaal geneem word.

 

Die VF Plus het onmiddellik verskeie ondernemings om hulp genader wat aangebied het om te help met die aanbring van die nodige padtekens by besige kruisings.

Die party sê hulle het voorheen by verskeie geleenthede die munisipaliteit versoek om die vereiste padverkeerstekens in Emfuleni aan te bring. Hierdie versoeke het glo op dowe ore geval en motoriste en voetgangers se lewens is daagliks in gevaar wanneer hulle die paaie gebruik.

Related Articles

Back to top button