News

Bevestigde geval van bakteriële meningitis by NWU

Bevestigde geval van bakteriële meningitis by NWU

Die Noordwes-Universiteit se kampus in Potchefstroom bevestigde ‘n geval van meningitis. ‘n Vierdejaarstudent is Maandag in ’n plaaslike hospitaal opgeneem waarna ‘n diagnose van bakteriële breinvliesontsteking (meningitis) Dinsdagoggend bevestig is. Volgens NWU is die student is nie by ‘n koshuis betrokke nie en dit wil voorkom of dit ‘n geïsoleerde geval is.

Die hospitaal en die universiteit is besig om met alle nabykontakte van die student op te volg. Gratis profilakse is ook beskikbaar gemaak.

 “Ek wil alle studente en personeel aanmoedig om nie paniekerig te raak nie en op die komende eksamens gefokus te bly. Die universiteit neem alle nodige voorsorgmaatreëls om die situasie te hanteer. Ons sal alle studente en personeel spoedig van enige verdere ontwikkeling op hoogte hou,” het Prof Daryl Balia, adjunk-visekanselier van die kampus in Potchefstroom, gesê.

  • Bakteriologiese-breinvliesontsteking is lewensgevaarlik en kan tot die dood lei as dit nie vinnig behandel word nie. Hierdie soort breinvliesontsteking is hoogs aansteeklik en kan oorgedra word deur met selfs klein druppels liggaamsvloeistowwe. Dit kan versprei word deur iemand te soen, ‘n nies, hoes, eetgerei, of deur sigarette te deel. Akute bakteriële meningitis ontwikkel gewoonlik wanneer bakterieë die bloedstroom binnedring en migreer na die brein en rugmurg. Oorinfeksie en sinus-infeksie en selfs ‘n kopbeenfraktuur kan egter meebring dat bakterieë die meninges direk binnedring en meningitis aanbring.

Nie alle simptome kom noodwendig gelyktydig voor nie, maar sluit in:

  • Naarheid en braking.
  • Erge hoofpyn en hoe koors 39+
  • Stywe nek (kom minder voor by jonger kinders). Die ken kan nie aan die bors raak nie vanweë die stywe nek.
  • Ligsensitiwiteit van die oë (kom minder voor by jonger kinders).
  • Baie slaperig.
  • Lighoofdigheid of verwarring.
  • Uitslag enige plek op die liggaam (kom nie by alle gevalle voor nie).
  • Sametrekkings / stuiptrekkings.

As gevolg van die gevaar wat die siekte inhou is dit uiters belangrik om dadelik mediese hulp te kry. Behandeling kan effektief wees as dit in die vroeë stadium van die siekte toegepas word. Hoe vroeër die pasiënt geïdentifiseer word hoe beter is die kans op volkome herstel.

Related Articles

Back to top button