Dit was weer ‘n naelbytstryd tot die bittereinde met vanjaar se “pool” liga waar Legends vir AB’s ore aangesit het met ‘n telling van 5-4. Hiermee het Legends dit twee jaar in ‘n ry gemaak om as wenspan te kon wegstap. Ses spanne het aan die liga deelgeneem en alle belangstellende spanne word genooi om met die volgende liga te kom kragte meet. Foto: Verskaf.